Die wetenskap
Die wetenskap
Wat is kloning deur SCNT?
Kloning is ‘n reprodkusie tegniek wat ‘n geneties identiese kopie van ‘n bestaande dier skep. Een van die mees algemene en suksesvolste metodes om ‘n kloon te skep is Somatiese Selkernoordrag, of dan Somatic Cell Nuclear Transfer (SCNT). Hierdie proses was suksesvol aangewend in 1996 om Dolly die skaap te skep—die eerste soogdier wat uit ‘n somatiese (liggaam) sel gekloon is.
In teenstelling met natuurlike voortplanting, wat genetiese materiaal van twee ouers behels, word ‘n nageslag deur SCNT geproduseer wat in wese ‘n genetiese tweeling van die donor dier is. Hierdie tegniek is suksesvol toegepas in verskeie spesies, insluitend skape, beese, perde, wild, varke, honde, en selfs bedreigde diere, hoofsaaklik vir navorsing, landbou, en bewaring doeleindes
'n Kort Opsomming van die SCNT Prosedure
Die SCNT-proses behels ‘n paar sleutelstappe wat in ‘n laboratorium uitgevoer word:
- Selversameling: ‘n Somatiese (liggaam) sel wat ‘n volledige kopie van die DNS bevat, word geneem van die donor dier.
- Eiersel Voorbereiding: ‘n Eiersel (oösiet) word uit ‘n vroulike dier van dieselfde spesie geaspireer en dan ontkern.
- Kernoorplasing: DieDNS van die donor word in die ontkernde eiersel geplaas.
- Aktivering en Ontwikkeling: Hierdie DNS kompleks word gestimuleer om te begin verdeel, wat natuurlike bevrugting naboots. Dit ontwikkel dan in ‘n embrio.
- Inplanting: Die embrio word oorgeplaas in gesinkroniseerde ontvanger diere, waar dit in ‘n fetus ontwikkel en uiteindelik as ‘n kloon gebore word.

