KLONING

Bevorder Genetika.
Bewaar Bloedlyne.

Deltarep is ’n baanbreker biotegnologiemaatskappy wat toegewy is aan die vooruitgang van diere reproduksie en genetiese bewaring. Deur die kombinasie van gevorderde wetenskap en verantwoordelike en etiese praktyke, streef ons daarna om genetiese uitnemendheid te bewaar en teelprogramme te versterk, sonder om geenwysiging of genetiese redigering toe te pas.

Meer oor DeltaRep

Ons geskiedenis, kundigheid, en onwrikbare verbintenis tot verantwoordelike biotegnologie.

Twee Dekades van baanbrekerwerk in Diergenetika.

DeltaRep is gevestig oor meer as twee dekades se verfyning, toewyding en innovasie in diere reproduksie. Gedurende hierdie tydperk het ons span navorsers ’n unieke en gespesialiseerde kloningstegniek ontwikkel en gevestig, wat reeds suksesvol toegepas is op groot- en kleinvee, sowel as verskeie wildspesies. Ons span kombineer hul kundigheid in embriologie, molekulêre selbiologie en genetika, om die beste resultate te verseker. Deur unieke wetenskap met praktiese toepassing te kombineer, bied DeltaRep nou aan boere, telers en bewaringkundiges kragtige hulpmiddels om waardevolle bloedlyne te bewaar, en teelprogramme vir toekomstige geslagte te verseker.

Ons Missie

Die  duplisering van top genetika om seleksietydperk te verkort.

Ons Gespesialiseerde Kundigheid

Ons span kombineer diepgaande kundigheid in gevorderde voortplantingstegnologieë, selkultuur en embriologie om uitsonderlike genetiese akkuraatheid en konsekwente resultate in elke projek te verseker.

Wêreld se eerste Chianina kloon

O-LA-LA Michelle is die wêreld se eerste Chianina-kloon en reeds ’n uitsonderlike bewys van genetiese uitnemendheid. Gebore op 29 Junie 2024, het sy op een maand oud reeds groot aandag getrek, en op 6,5 maande haar potensiaal verder bevestig.

As OL 239 Michelle het sy in 2025 die wenner van die 10 tot 14 maande vroulike klas by die Chianina Nasionale Skou geword, ’n merkwaardige prestasie vir so ’n jong dier met ’n baanbrekersagtergrond. 

By DeltaRep laat ons nie die “goeie” in die plek staan van die BESTE nie!